Duitse Internasionale Dag

44753633_1856961134400912_5023241918012719104_n

 

Ons skool is ‘n Pasch-Duits-skool en daarom het ons vanoggend omgewingsvriendelike ballonne in die kleure van Duitsland se vlag losgelaat. Aan die ballonne is poskaarte vasgemaak met die adres van ons vakadviseur van Duitsland wat in Pretoria werk.

Enigeen wat die poskaarte vind nadat die ballonne gebars het, word versoek om die poskaart net in die pos te gooi. Daar is reeds posseëls op. As die vinder wil, kan hy sy eie adres ook op die kaartjie skryf en ‘n kans staan om n prys te wen. Ons skool sal ook pryse wen as ons kaartjies in Pretoria aankom.

Ten minste een poskaart per klas is losgelaat met daardie klas se naam op die poskaart. Ons tema is: Völkerverständigung. Begrip vir ander en alle nasies.

PASCH stands for the “Schools: Partners for the Future” initiative. It is a global network of some 1,800 schools that place a high value on German.

#TiereTrots