Hoof | Principal

Jy staan op die vooraand van een van die grootste keuses in jou lewe.   Jy moet saam met jou ouers die regte hoërskool kies.   Voorwaar ‘n groot keuse!   Jy moet weet dat Hoërskool Tygerberg jou wil bystaan in hierdie keuse.   Vra jouself die volgende vrae:

  • Wil jy gelukkig wees?
  • Wil jy deel wees van ‘n gebalanseerde omgewing waar elkeen ‘n plekkie het?
  • Wil jy jou hoërskoolloopbaan geniet?
  • Wil jy die beste jy wees wat jy kan wees?
  • Wil jy in ‘n veilige omgewing wees waar jy jou talente kan ontwikkel?
  • Wil jy in ‘n skool wees wat verskille omarm en diversiteit sien as ‘n sterkpunt?

If your answer is yes, then Tygerberg High is your school of choice.   We have a proud history of 63 years of teaching excellence and wanting to develop learners on a holistic level.   You can be part of writing the story of the future of our honoured Tygerberg High School.   We welcome both Afrikaans and English speaking learners to apply at our school.   Our goal for the future is to become the leading dual medium school in the Northern Suburbs.   Remember that the Tigers are known for their compassion towards others and will be an excellent choice.

Hoërskool Tygerberg is ‘n waardegedrewe skool gefundeer op Christelike beginsels sonder om teen enigiemand te diskrimineer.   By Hoërskool Tygerberg fokus ons op die waardes van respek, omgee, regverdigheid, burgerskap, verantwoordelikheid en betroubaarheid. Deurdat bogenoemde ons fokus is, stel dit ons in staat om ‘n kindvriendelike omgewing te skep wat bydra tot akademiese sukses.

It is known that Tygerberg High School is there to act in the best interest of the learner.   We have skilled and highly trained staff that will walk the extra mile for our learners.   You must realise that we care dearly for our learners and want to see them happy.   The Tigers are there for you!

Ons skool het baie om te bied soos jy sal sien in die res van die prospektus.   Ek is bevoorreg om die hoof van Hoërskool Tygerberg te wees. Ons skool is geseënd met onderwysers wat omgee vir kinders en wat passievol is oor hulle werk.   Akademie is vir ons prioriteit en van dag een af sal jy sien dat dit ons erns is.   Ons het dit ten doel om jou in die volgende vyf jaar akademies toe te rus sodat jy die eise wat aan jou gestel gaan word die hoof kan bied.   Afgesien van die hoogstaande akademie bied ons ook aan ons leerders puik sport- en kultuuraktiwiteite.   Jy moet jou beskikbaar stel, want ons het jou nodig om ons puik beeld nog verder uit te bou!

You have an important decision to make.   Make the correct choice, because the Tigers are here for you.

Groete/Regards

Dr. L. S. Herselman