Nasionale Tuindag, 15 Oktober

Op nasionale Tuindag, 15 Oktober, is Hoërskool Tygerberg as die wenner van Omgewingsprojek 2017 in Tygervallei aangekondig. Hierdie projek is deur Karina Smith (Property Coza-eiendomme) georganiseer met die doel om skole te motiveer om meer omgewingsvriendelik te wees. Die Tiere, DF Malan en Stellenberg het aan die kompetisie deelgeneem. Skole is beoordeel op grond van wie die meeste groen gaan, hul groente- en blomtuin, wie die meeste vir die gemeenskap doen en ook herwin. Tygerberg bedank die borge (Property Coza, Tygervallei, Nedbank en Henties-vrugtesap) vir die R50 000 prysgeld.