OOV

Die OOV bestaan uit n groep ouers wat passievol is oor Ho:erskool Tygerberg en poog om die skool se bestuur by te staan om fondse in te samel vir projekte waarby die skool kan baat. Die ouers werk vrywillig en verrig take in hul vrye tyd. Die OOV dien ook as skakel tussen die skool, ouers en leerders.  Die idee is om maksimum bemarking en goed-voel stories oor die skool teversprei om nuwe leerders te lok na die skool.

Die lede van die OOV is verkies tydens die eerste vergadering in 2017 >>

Voorsitter: Adele Groenewald, 082 334 3670, adele.beaudele@gmail.com

Onder-voorsitter: Jaco Coetzee, 081 732 2836, ajwr66@gmail.com

Sekretaresse: Karen Esterhuizen, 083 733 5025, kesterhuizen@oldmutual.com

Tesourier: Eugene Webb, 079 497 7634, webbeugene@yahoo.com

Ons hoofoogmerk is om alle fondse wat ons vanjaar insamel aan te wend om n sekuriteitstelsel aan te bring by die skool.Ons versoek alle ouers om die OOV te ondersteun in hul beplande fondsinsamelingsfunksies deur die loop van die jaar. Enige ouer is welkom om OOV vergaderings by te woon en betrokke te raak by ons onderskeie funksies – ons het veral hulp nodig by die kosverkope wat ons deur die loop van die jaar aanbied.Enige ouer wat n borgskap/donasie wil maak kan met ons tesourier  kontak maak of enige van die bestuurslede.