Sport

VICTORY LOVES PREPARATION!

Wat Tygerberg uniek maak in terme van sport is om die gewone take op ‘n buitengewone manier aan te pak. Tygerberg plaas die klem op die ontwikkelling van elke kind as mens sowel as die ontwikkelling van elke kind as atleet. Kondisionering begin in die oggende om 6:30, nie net vir die atlete nie, maar ook vir diegene wat net hul algemene gesondheid wil verbeter. Die groep is selfs al gevat om Tafelberg te klim vir kondisionering.

Hoërskool Tygerberg is ook baie trots oor ons onlangse verhouding met Planet Fitness. Alle leerders van Hoërskool Tygerberg kan sedert September 2016 gratis die fasiliteite van Planet Fitness gebruik. Ons het ook ‘n goeie verhouding met Parow Atletiekbaan waar ons atlete gereeld gaan oefen.

In die middae direk na skool word daar in die afseisoen aan sportspesifieke vaardighede gewerk om seker te maak dat die nodige aandag gegee word aan die basiese vaardighede van atlete. Ons glo daaraan om elke kind se individuele vaardighede te ontwikkel om hulle te help om hul volle potensiaal te bereik.

Tydens die afseisoen bied ons sosiale toernooie vir die kinders aan, byvoorbeeld 5-aan-‘n-kant hokkie en “Fast 5” netbal. Almal is welkom om aan die toernooie deel te neem, selfs die rugby seuns, dit stel die kinders bloot aan ‘n sport wat hulle nie deur die jaar gespeel het nie en ontwikkel hulle ook ekstra vaardighede. Rochelle Lawson, Tiere sy eie Protea netbalspeler, bied ook in die afseisoen ‘n netbalkursus by die skool aan.

Ons is trots op al die kinders wat ons op die sportveld verteenwoordig en sien uit na die nuwe jaar met nuwe uitdagings, want ons is gerus dat die voorbereiding gedoen is en die kinders gereed is vir enigeiets wat in hulle rigting kom.