Die Hoërskool Tygerberg het die afgelope 60-jaar die uitdagings van die onderwysprofessie bemeester tot op die vlak waar die skool sy plek met trots kan inneem onder die top drie skole in die Noordelike voorstede van Kaapstad, die top 15-skole in die Wes-Kaap en die top 100-skole in Suid-Afrika.
Die skool se uitmuntendheid op die gebied van Akademie, Kultuur en Sport, sowel as die bydraes van ons oud-leerders tot die ekonomie en samelewing, het tot gevolg gehad dat die Hoërskool Tygerberg aangewys is as een van die Alan Gray Orbis Foundation se ‘Schools of Excellence’. Voorwaar ‘n groot eer vir alle Tiere.