Akademie
Akademie is die Hoërskool Tygerberg se hoofdoel en ons streef daarna om hoë standaarde en die gevolglike goeie akademiese prestasies van jaar tot jaar te handhaaf. Ons bring hulde aan ons onderwysers wat oor die kwalifikasies en ervaring beskik om die akademiese verwagtinge te bereik en te handhaaf.
Hierdie resultate word behaal deur:
- ‘n Lewendige en positiewe gesindheid onder ouer(-s) / voog(-de), leerders en onderwysers.
- Moderne, goed toegeruste klaskamers, laboratoriums, rekenaarsentrums, kuns-, tegnologie- en musiekkamers.
- ‘n Span toegewyde onderwysers, wat ook 25 onderwysers, in diens van die skoolbeheerliggaam, insluit.
- Matriekuitslae wat die gesamentlike moeite, passie en toewyding weerspieël.