Hoërskool Tygerberg

Inligting

Opedag

Hoërskool Tygerberg se inligtingsaande vir voornemende 2024 Gr. 8’s vind op 21 en 22 Februarie 2023 vanaf 18:30 tot 20:00 plaas. Beide ouers en leerders moet dit bywoon en die leerders hoef nie hul skooluniform te dra nie.

Aansoeke moet aanlyn by: https://wcedonline.westerncape.gov.za vanaf 13 Maart 2023 tot 14 April 2023 gedoen word.

Ouers sal tussen 29 Mei en 2 Junie 2023 deur die WKOD oor die uitslag van die toelatingsaansoek ingelig word en moet aanvaarding voor 19 Junie 2023 bevestig.

Skoolfonds

Die skoolfonds vir 2023 is tydens die begrotingsvergadering, gehou op 27 Oktober 2022, deur die meerderheid van ouers en voogde goedgekeur. Openbare skoolfondse is ‘n statutêre verpligting ingevolge die Suid-Afrikaanse Skolewet, nr. 84 van 1996 (soos gewysig), wat jaarliks voortuitbetaalbaar is, aan die begin van elke skooljaar en sodanige betaling is verpligtend, tensy ouers vrystelling of gedeeltelike vrystelling van skoolfonds toegestaan is.

VRYSTELLINGSVORMS VIR 2023 SAL BESKIKBAAR WEES VANAF 18 JANUARIE 2023 BY DIE SKOOLFONDSKANTOOR. U KAN OOK DIE VORMS AANVRA BY: info@hstygerberg.co.za (VERSKAF LEERDER SE NAAM EN VAN)
(AANSOEK OM VRYSTELLING KAN SLEGS KAN GEDOEN WORD TOT MAART 2023)

Klerebank

Daar is ’n klerebank by die skool, waar tweedehandse sport en skoolklere verkry kan word, teen ’n minimale bedrag.

Elektroniese Toestelbeleid