Sport
Oorsig
Hoërskool Tygerberg bied leerders die geleentheid om al hul passies uit te leef en te bevorder. Die skool spog met ‘n sterk sportdepartement, ‘n ryk verskeidenheid van aktiwiteite wat aangebied word en met afrigters wat net die beste uit ons leerders ontgin.
Ons streef daarna om elke sport te geniet, maar wen is ook belangrik by die Hoërskool Tygerberg. Wen hou verband met die waardes, toewyding en die strewe na die ontwikkeling van die vermoëns van spelers so ver as moontlik.
Kontakpersone:
Mnr. M. Stoffels (Sportorganiseerder)
E-pos adres: sport@hstygerberg.co.za
Mnr. G. Beresford (Hoof van Sport)
E-pos adres: gberesford@hstygerberg.co.za
Netbal
Hoërskool Tygerberg bied aan elke netbaldogter die geleentheid om die nodige liggaams-en lewensvaardighede te ontwikkel, sodat sy haar volle potensiaal kan bereik en ook kan benut – tot voordeel van haarself, haar span en haar skool.
Hoërskool Tygerberg beskik oor hoë gehalte fasiliteite waarvan daar 8 netbalbane beskikbaar is en 6 bane met spreiligte. Om deel te wees van netbal by Hoërskool Tygerberg beteken dat die dogters in die hoogste liga in die Wes-Kaap sal meeding.
Ons o.19A-span toer jaarliks na die Noord-Suid Toernooi wat in Worcester plaasvind en het ook in 2018 aan die Dubai Sewes Toernooi deelgeneem.
Netbalorganiseerder: Me. X. Folscher
E-pos adres: xfolscher@hstygerberg.co.za
Skaak
Die Hoërskool Tygerberg se skaakspan is tans baie suksesvol en ding weekliks teen verskeie ander skole mee. Ons skaakspan geniet weeklikse oefensessies met ‘n professionele afrigter. In die afgelope drie jaar het ons ook verskeie Westelike Provinsie-spelers gelewer.
Skaakorganiseerder: Me. C. de Villiers
E-pos adres: cdevilliers@hstygerberg.co.za
Krieket
Hoërskool Tygerberg het drie krieketspanne wat baie goed vaar in hulle onderskeie ligas. Die o.19A-krieketspan toer jaarliks na Mosselbaai waar hul in die KFC Krieketfees deelneem. Die skool beskik oor vier krieketnette en twee krieketvelde.
Krieketorganiseerder: Mnr. J. Claassens
E-pos adres: jclaassens@hstygerberg.co.za
Rugby
Rugby by Hoërskool Tygerberg lê ons baie na aan die hart. Ons missie is om `n rugbyomgewing te skep waarin elke seun die beste geleentheid sal kry om sy eie rugbydrome te verwesenlik. Ons wil die Tiere as rugbykrag verder uitbou en vestig in die Wes-Kaap deur ons seuns die geleentheid te gee om teen die beste spanne te kompeteer.
Ons streef daarna om leiers te wees in die algehele benadering tot rugby wat die volgende insluit: sterk morele waardes, afrigting en ontwikkeling, spelerontwikkeling (emosioneel en sielkundig) en kondisionering. Hiermee verseker ons ten minste twee onderwysers wat afrig per ouderdomsgroep, sowel as een sportwetenskaplike en drie krag- en kondisioneringsassistente om te verseker dat ons spelers fisies voorberei word deur gebruik te maak van ons funksionele gimnasium en buitelugopleidingsgimnasium.
Hoërskool Tygerberg het onlangs `n paar Springbokke opgelewer naamlik: Eben Etzebeth, Marvin Orie en Travis Ismaiel.
Die o.20-Wêreld Rugbyspeler van die jaar (2017), Juarno Augustus, Blitsbok Justin Geduld en Andre Warner wat vir die Goue Leeus en die Blou Bulle uitdraf, is almal oud-Tiere.
Rugbyorganiseerder: Mnr. M. Stoffels
E-pos adres: sport@hstygerberg.co.za
Atletiek
Atletiek is ‘n gewilde somersport by Hoërskool Tygerberg, met ons atlete wat gereeld uitstaande uitslae behaal by die jaarlikse MTBS-atletiekbyeenkoms wat in Februarie gehou word. Hoërskool Tygerberg se atletiek het ‘n baie trotse verlede met atlete wat hul provinsie en land op verskeie geleenthede in verskeie hoedanighede verteenwoordig.
Atletiekorganiseerder: Me. I. le Roux
E-pos adres: ileroux@hstygerberg.co.za
Tennis
Ons tennisspelers word deur Westman Tennis Akademie afgerig. Ons is baie opgewonde oor die betrokkenheid van Westman Tennis Akademie en weet dat ons tennis net van krag tot krag sal gaan. Wedstryde vind Maandae,Woensdae en Donderdae plaas, afhangend van die span. Spelers word geëvalueer deur die afrigters en speel wedstryde onder mekaar wat op ‘n ranglys geplaas en daarvolgens in spanne opgeneem word.
Tennisorganiseerder: Mnr. M. Stoffels
E-pos adres: sport@hstygerberg.co.za
Landloop
Landloop word aangebied as ‘n winter- en somersport. Die seisoen smelt saam met die atletiekseisoen om atlete vir die jaarlikse MTBS-byeenkoms voor te berei. ‘n Groot groep meisies en seuns maak gebruik van landloop ten einde hul fiksheid vir verskeie wintersportaktiwiteite te verbeter. Die Hoërskool Tygerberg neem deel aan die jaarlikse 2de en 3de kwartaal wedloopbyeenkomste wat elke Woensdag plaasvind.
Landlooporganiseerder/s: Me. J. Bezuidenhout & me. M. Snyman
E-pos adresse: jbezuidenhout@hstygerberg.co.za & msnyman@hstygerberg.co.za
Hokkie
Hoërskool Tygerberg het in 2021 `n nuwe wêreldklas astro gekry. Ons is dus opgewonde om ons hokkie na die volgende vlak te neem.
Tygerberg beskik oor `n aantal seuns-en dogterspanne en neem jaarliks deel aan verskeie toere/toernooie/wedstryde.
Hokkieorganiseerder (dogters): Me. M. Vermaas
E-pos adres: mvermaas@hstygerberg.co.za
Hokkieorganiseerder (Seuns): Mnr. J. Claassens
E-pos adres: sport@hstygerberg.co.za
Astrobestuur: Me. M. Vermaas & mnr. J. Claassens
E-pos adresse: mvermaas@hstygerberg.co.za & jclaassens@hstygerberg.co.za
Skyfskiet
Meisies en seuns wat aan hierdie sport deelneem, maak gebruik van die skoolsaal wat omskep word in ‘n skietfasiliteit en die geleentheid het om aan die hoogste liga deel te neem om vir die SA-Span te kwalifiseer.
Ons skool is goed verteenwoordig in die Westelike Provinsie Span. Hier by Hoërskool Tygerberg lei ons ons meisies en seuns op ‘n hoë vlak, in ‘n baie veilige omgewing op.
Skyfskietorganiseerder: Mnr. M. Oosthuysen
E-pos adres: moosthuysen@hstygerberg.co.za